Romans 15:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat ek die dienaar van Jesus Christus vir die heidene sou wees, wat die evangelie van God bedien, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n evangeliedienaar van Christus Jesus onder die nie-Joodse nasies is. Soos ’n priester in die heiligdom bedien ek die Goeie Nuus aan julle, en so word julle ’n offer aan God met ’n lieflike geur, ’n offer wat Hy verwelkom en wat deur die Heilige Gees aan Hom gewy is. |
| Afrikaans 1933/1953 | om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees. |
| Afrikaans 1983 | om in diens van Christus Jesus onder die heidennasies te werk. Dit is my priesterlike taak om die evangelie van God aan hulle te bedien, sodat daar uit die heidennasies 'n offergawe mag wees wat vir God aanneemlik is en deur die Heilige Gees geheilig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n bedienaar van •Christus Jesus aan die heidene is. Ek bedien die evangelie van God priesterlik, sodat die heidene 'n aanneemlike offer, geheilig deur die Heilige Gees, kan wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Hy het my gekies om vir Christus Jesus te werk. Hy het my na die heidene toe gestuur, en my werk is om vir hulle die goeie boodskap van God te bring. Wanneer die heidene in Christus glo, dan word hulle soos 'n offer wat ek vir God gee, en God sal die offer aanvaar. Die Heilige Gees het hulle aan God gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het my aangestel as Christus Jesus se dienaar om onder mense te werk wat nie aan Israel behoort nie. Dit is my taak om soos ’n priester die goeie nuus van God aan hulle te bring. Hulle moet soos ’n offer voor God neergesit word, ’n offer wat God baie bly maak omdat die Heilige Gees hulle lewens nuutgemaak het. |