Romans 15:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek self is ook van julle oortuig, my broeders, dat julle ook vol goedheid is, vervul met alle kennis, bekwaam om ook mekaar te vermaan.
Afrikaans (NLV) 2011 My broers en susters, ek is self deeglik bewus van julle goeie kwaliteite. Julle is trouens self so goed op hoogte van dinge dat julle mekaar sou kon onderrig.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.
Afrikaans 1983 My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte weg kan help.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My broers, persoonlik is ek daarvan oortuig dat julle ook self vol goedheid is en oor volledige kennis beskik, in dié mate dat julle mekaar ook kan reghelp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, ek is baie seker dat julle baie goeie dinge doen vir mekaar, julle weet alles wat julle moet weet en julle kan vir mekaar leer om reg te lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My broers en susters, ek weet van al julle goeie eienskappe. Julle is toegewyde mense. Julle het ook baie kennis oor God. Boonop help julle mekaar om te leef soos God dit wil hê.