Romans 15:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En verder sê Jesaja: Daar sal 'n wortel van Isai wees, en hy wat sal opstaan om oor die heidene te heers; op Hom sal die heidene vertrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En Jesaja sê op sy beurt: “Die erfgenaam van Dawid se troon sal na vore kom en Hy sal die heerskappy oor die nie-Joodse nasies oorneem. Op Hóm sal die nie-Joodse nasies hulle hoop vestig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesaja sê ook: Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop. |
| Afrikaans 1983 | En Jesaja sê ook: “Isai sal 'n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Jesaja sê op sy beurt: “Daar sal 'n loot van Isai kom, en Hy sal opstaan om oor die nasies te regeer; en op Hom sal die nasies hoop.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Jesaja sê: Die koning wat van die nageslag van Isai is, sal kom, en hy sal begin om oor die heidene te regeer, die heidene sal weet dat hy hulle sal red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Of soos Jesaja sê: “’n Baie belangrike persoon sal uit ons voorvader Isai se nageslag kom. Hy sal oor die hele aarde regeer. Almal sal hulle hoop en vertroue in Hom stel.” |