Romans 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons wat sterk is, behoort dan die swakhede van die swakkes te dra en nie onsself te behaag nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfels en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. |
| Afrikaans 1983 | Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons wat sterk is in die geloof, is verplig om die swakhede te dra van diegene wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons geloof sterk is, dan moet ons die gelowiges help wie se geloof swak is. Ons moenie doen wat vir óns lekker is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié van ons wie se geloof sterk is, het ’n plig teenoor ander Christene wie se geloof nog nie so sterk is nie. Ons moet hulle aanvaar en hulle bystaan. Geloof gaan tog nie net oor ons nie. |