Romans 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wat twyfel, is veroordeel as hy eet, omdat hy nie uit die geloof eet nie; want alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as jy twyfel en tog eet, staan jy veroordeel omdat jy nie volgens jou geloofsoortuiging handel nie. Alles wat jy nie uit volle geloofsoortuiging doen nie, is sonde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde. |
| Afrikaans 1983 | As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat 'n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat egter twyfel wanneer hy eet, staan al klaar veroordeel, omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. Alles wat jy nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wanneer mense iets eet en hulle twyfel of hulle dit mag doen, dan doen hulle verkeerd. Hoekom? Want hulle doen iets, maar hulle glo nie dat dit reg is nie. Wanneer mense glo iets is nie reg nie maar hulle doen dit, dan is dit sonde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as jy twyfel of dit wat jy doen reg is - as jy byvoorbeeld vleis eet terwyl jy nie weet of jy dit mag doen nie - is jy skuldig voor God. As dit wat jy doen nie uit jou geloofsoortuigings voortspruit nie, is dit sonde. |