Romans 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het jy geloof? het dit vir jouself voor God. Gelukkig is hy wat homself nie veroordeel in wat hy toelaat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is dalk persoonlik daarvan oortuig dat jy niks verkeerds doen nie, maar hou dit liewer tussen jou en God. Gelukkig is jy as jy nie jouself hoef te verwyt oor wat jy weet op sigself reg is nie.
Afrikaans 1933/1953 Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.
Afrikaans 1983 Laat jou oortuiging hieroor 'n saak tussen jou en God wees. Gelukkig is die man wat hom nie hoef te verwyt oor wat hy hom veroorloof nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hou vas aan die oortuiging wat jy by jouself voor God het. Gelukkig is hy wat homself nie veroordeel oor wat hy as toelaatbaar beskou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle glo dat julle weet wat julle mag doen en wat julle nie mag doen nie. Dan moet julle dit nie vir almal vertel nie, net God moet dit weet. Die mense wat iets doen en dink hulle doen reg en voel hulle is nie skuldig nie, is gelukkige mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Natuurlik het jy die reg om te glo soos jy glo. Maar onthou, dit is in die eerste plek ’n saak tussen God en jou. Dit is wonderlik as jy nie met ’n klomp skuldgevoelens opgeskeep sit oor hoe jy God dien nie.