Romans 14:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want voedsel vernietig nie die werk van God nie. Alle dinge is inderdaad rein; maar dit is sleg vir die man wat met aanstoot eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie langer toelaat dat die Here se werk afgebreek word en dit oor kos nie. Onthou, ’n mens kan alles eet, maar dit is sleg as jy deur iets wat jy eet ’n medegelowige laat struikel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir 'n mens om te eet as dit tot aanstoot is. |
| Afrikaans 1983 | Moenie oor kos afbreuk doen aan die werk van God nie. Alle kos is rein, maar dit is verkeerd om deur wat jy eet, aanstoot te gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie ter wille van kos die werk van God tot niet maak nie. Alles is rein, maar dit is verkeerd om aanstoot te gee deur wat jy eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dinge wat julle eet en drink moenie vir julle so belangrik wees dat dit die goeie dinge verwoes wat God wil doen nie. Julle moet onthou: Al die kos is rein, maar wanneer julle iets eet, en dit laat 'n ander gelowige sonde doen, dan doen julle verkeerd om dit te eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat bereik ons as ons alles wat God in ons lewe opgebou het, gaan staan en afbreek oor ’n stukkie vleis? Ek sê weer: ’n mens kan alle kos eet. Maar as jy ander mense aanstoot gee deur dit wat jy eet, tree jy verkeerd op. |