Romans 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die een glo dat hy alles kan eet; 'n ander wat swak is, eet kruie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een persoon sal byvoorbeeld glo ’n mens kan maar alles eet. Maar ’n ander een, met ’n meer sensitiewe geloof, eet weer net groente. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die een glo dat 'n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. |
| Afrikaans 1983 | Een glo 'n mens mag alles eet; 'n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die een glo dat 'n mens alles mag eet, maar die ander een wat swak in die geloof is, eet net groente. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party gelowiges glo 'n mens mag alles eet. Maar party gelowiges se geloof is swak, en hulle dink 'n mens mag net groente eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Christen wie se geloof sterk is, het nie ’n probleem om verskillende soorte kos te eet nie. Maar ’n Christen wie se geloof nog nie so groot is nie, sal weier om kos te eet wat deur die Jode as onrein beskou word, of kos wat deur ongelowiges aan hulle afgode gewy is. |