Romans 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat ons dan die dinge najaag wat tot vrede dien, en die dinge waarmee die een die ander kan opbou.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.
Afrikaans 1933/1953 Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.
Afrikaans 1983 Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom ons streef dan na die dinge wat die onderlinge vrede en mekaar se opbou bevorder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet ons dinge doen wat help dat daar vrede is, dinge wat ander gelowiges help om hulle geloof sterk te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom ons doen ons uiterste bes om in vrede met mekaar te leef. Kom ons help om mekaar se geloof sterk te maak.