Romans 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy wat Christus in hierdie dinge dien, is vir God welgevallig en beproef deur die mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy Christus met hierdie gesindheid dien, maak jy God gelukkig en die mense rondom jou sal jou respekteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag. |
| Afrikaans 1983 | Wie op hierdie manier vir Christus dien, geniet die guns van God en die agting van die mense. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie Christus op hierdie manier dien, is aanneemlik vir God en aanvaarbaar by die mense. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons so vir Christus dien, dan is God tevrede met ons en dan sal ander mense ons respekteer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat Christus dien, maak God se hart baie bly. Boonop het ander mense ook groot respek vir hulle. |