Romans 14:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jou broer bedroef is oor jou spys, wandel jy nou nie met liefde nie. Verdelg hom nie met jou spys vir wie Christus gesterf het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as jy jou medegelowige ontstel deur wat jy eet, dan handel jy nie meer volgens die reël van die liefde nie. Jy moet tog nie deur wat jy eet iemand se lewe verwoes nie. Onthou, Christus het vir daardie medegelowige gesterf! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie. |
| Afrikaans 1983 | As jy met wat jy eet, jou broer aanstoot gee, leef jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur wat jy eet, iemand vir wie Christus gesterf het, laat verlore gaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy jou broer aanstoot gee deur wat jy eet, handel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur wat jy eet, iemand vir wie •Christus gesterf het, ten gronde laat gaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy iets eet, en ander gelowiges hou nie daarvan dat jy dit eet nie, en dit maak hulle seer, dan lewe jy nie soos iemand wat lief is vir die ander gelowiges nie. Jy moenie iets eet as jy weet dit sal ander gelowiges vir altyd laat sterf nie, want Christus het gesterf sodat daardie gelowiges kan lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy ander Christene aanstoot gee deur die kos wat jy eet, selfs al is dit nie in jou eie oë verkeerd nie, maak jy nie reg nie. Dan tree jy nie volgens die reëls van die Christelike liefde op nie. Onthou dat daardie mense wat weier om sekere soorte kos te eet, ook Christene is. Christus het ook vir hulle gesterf. |