Romans 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat ons mekaar dan nie meer oordeel nie, maar oordeel dit liewer, dat niemand 'n struikelblok of 'n geleentheid in die pad van sy broer plaas nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, kom ons neem ons voor om so op te tree dat ons nie ons medegelowiges sal laat struikel of dinge vir hulle moeilik maak nie.
Afrikaans 1933/1953 Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit d¡t liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
Afrikaans 1983 Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, kom ons veroordeel mekaar nie meer nie. Maak dit eerder julle voorneme om nie vir julle broer 'n rede tot aanstoot of struikeling te verskaf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gelowiges wat 'n sterk geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat 'n swak geloof het, doen verkeerd. En die gelowiges wat 'n swak geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat 'n sterk geloof het, doen verkeerd. Ons moet besluit om nie dinge te doen wat ander gelowiges sonde laat doen of wat hulle laat ophou glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie gedurig kritiek lewer op hoe ander mense lewe nie. Nee, maak eerder seker dat jy nie die oorsaak is dat ander gelowiges struikel en val nie. Moenie dit vir hulle moeilik maak om in God te glo nie.