Romans 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want daar is geskrywe: So waar as Ek leef, spreek die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Skrif sê mos: “So seker as Ek lewe,” verklaar die Here, “elke knie sal voor My buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.”
Afrikaans 1933/1953 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
Afrikaans 1983 want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want daar staan geskryf: “So seker as wat Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig en elke tong sal My as God bely. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die Here sê: Ek het dit vir Myself belowe, Ek het gesê: Elke knie sal voor My buig, elke mens sal sê hy weet Ek is God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Bybel sê mos: “‘So seker as Ek leef,’ sê die Here, ‘alle mense op aarde sal voor My die knie buig. Almal sal erken dat Ek God is.’”