Romans 14:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hom wat swak is in die geloof, ontvang julle, maar nie vir twyfelagtige geskille nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet medegelowiges met ’n sensitiewe geloofsbelewing aanvaar sonder om hare te kloof oor hulle oortuigings.
Afrikaans 1933/1953 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
Afrikaans 1983 Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aanvaar die een wat swak in die geloof is, sonder om oor verskille te argumenteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is gelowiges wat twyfel, hulle geloof is swak. Julle moet hulle aanvaar. Hulle dink miskien anders as julle oor party dinge en hulle dink hulle is reg. Julle moenie met hulle daaroor stry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie maak asof jy beter is as ander gelowiges wie se geloof nog nie so sterk soos joune is nie. Aanvaar hulle met oop arms sonder om van vroeg tot laat met hulle te stry en baklei. Ek wil dit met ’n voorbeeld illustreer.