Romans 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie; en as daar enige ander gebod is, word dit kortliks in hierdie gesegde verstaan, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Afrikaans (NLV) 2011 Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes — en watter ander een daar ook mag wees — word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.”
Afrikaans 1933/1953 Want d¡t: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Afrikaans 1983 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want dit, “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod ook al, word saamgevat in hierdie uitspraak: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die wette, “ Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie iemand vermoor nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie iemand anders se goed vir jouself wil hê nie” en ook al die ander wette, beteken “ Jy moet lief wees vir jou naaste, so lief soos jy vir jouself is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die voorskrifte in die wet - jy mag nie ’n seksuele verhouding met iemand buite jou huwelik hê nie; jy mag nie iemand anders vermoor nie; jy mag nie iets vat wat nie aan jou behoort nie; jy mag nie dinge begeer wat nie joune is nie, en al die ander voorskrifte - kan in een enkele sin saamgevat word: jy moet vir jou medemens net soveel omgee soos vir jouself.