Romans 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy is die dienaar van God vir jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, wees bevrees; want hy dra die swaard nie tevergeefs nie, want hy is 'n dienaar van God, 'n wraakgierige om toorn uit te oefen teen hom wat kwaad doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die owerheid is immers ’n dienaar van God om jou beste belange te bevorder. Maar as jy jou met die verkeerde besig hou, sal jy vanselfsprekend benoud wees, want die owerheid besit nie verniet die mag om te straf nie. Die owerheid is immers ook hierin God se dienaar dat hy die straf aan die kwaaddoener moet voltrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | want hy is 'n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is 'n dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. |
| Afrikaans 1983 | want die owerheid is 'n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die owerheid is 'n dienaar van God, tot jou beswil. Maar as jy die kwade doen, moet jy bang wees. Die owerheid dra nie verniet die swaard nie. Hy is immers 'n dienaar van God, aangestel om die kwaaddoener te straf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die regering werk vir God, en dit is goed vir jou. Wanneer jy slegte dinge doen, dan moet jy bang wees vir die regering, want dan moet die regering jou straf. Die regering werk vir God en die regering moet almal straf wat slegte dinge doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê weer: die owerhede staan in God se diens. Hy verwag van hulle om te sorg dat wet en orde gehandhaaf word. As jy ’n wetsgehoorsame burger is, kan jy maar ontspan. Maar as jy die wet oortree, gaan hulle jou swaar straf. God vereis immers van die owerhede om alle wetsoortreders vas te vat. |