Romans 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want regeerders is nie 'n skrik vir goeie werke nie, maar vir die bose. Sal jy dan nie bang wees vir die krag nie? doen wat goed is, en jy sal lof daarvan hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat reg optree, hoef nie vir die owerhede bang te wees nie — die kwaaddoeners wel. As jy op goeie voet met die owerhede wil wees, handel dan volgens die wet en jy sal selfs van hulle lof ontvang! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; |
| Afrikaans 1983 | 'n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die owerhede boesem immers nie vrees in as dit kom by goeie optrede nie, maar wel by slegte optrede. Wil jy sonder vrees vir die owerheid leef? Doen dan die goeie, en jy sal lof van die owerheid ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand goeie dinge doen, dan kan hy weet hy moenie bang wees vir die regering nie, maar wanneer hy slegte dinge doen, dan moet hy bang wees. As jy nie bang wil wees vir die regering nie, dan moet jy goeie dinge doen. Dan sal die regering jou prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Mens hoef natuurlik nie vir die owerhede bang te wees as jy hulle wette gehoorsaam nie. As jy egter ’n wetsoortreder is, het jy rede om benoud te wees. Terloops, dit is baie maklik om op goeie voet met die owerhede te wees: kom net al jou verpligtings getrou na. Dan sal hulle selfs sê dat jy ’n voorbeeldige landsburger is. |