Romans 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen dan wat die krag weerstaan, weerstaan die verordening van God; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit impliseer dat hulle wat weier om die owerheid te gehoorsaam, hulle teen die instelling van God verset. Dié wat dít doen, bring ’n oordeel oor hulleself. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie die gesag teenstaan, verset hulle dus teen die instelling van God, en diegene wat hulle verset, sal 'n oordeel oor hulleself bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand ongehoorsaam is aan die regering, dan is hy ongehoorsaam aan die regering vir wie God gekies en aangestel het. En God sal almal straf wat ongehoorsaam is aan die regering. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy nie na die owerhede luister nie, verset jy jou eintlik teen God self. Dan wag daar groot probleme op jou. |