Romans 13:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat elke siel onderworpe wees aan die hoër magte. Want daar is geen krag behalwe van God nie: die kragte wat daar is, is deur God verordineer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet die owerheid gehoorsaam, want God het dit daar geplaas. Geen owerheid bestaan buite God se toedoen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, |
| Afrikaans 1983 | Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat elke mens onderdanig wees aan die gesaghebbers wat oor hom gestel is, want daar is geen gesag wat nie van God afkomstig is nie; en dié wat daar wel is, is deur God ingestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke mens moet gehoorsaam wees aan die regering wat oor hom regeer, want God het elke regering gekies en aangestel. Elke regering kom van God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees ’n goeie landsburger. Gehoorsaam die owerhede wat oor jou aangestel is. Onthou: hulle ontvang hulle gesag van God af, van Hom wat oor al die mag beskik. |