Romans 12:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of bediening, laat ons wag op ons bediening; of hy wat leer, op lering;
Afrikaans (NLV) 2011 As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe. As jy onderrig gee, gee dan kwaliteitonderrig.
Afrikaans 1933/1953 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
Afrikaans 1983 As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) as dit is om ander te dien, gebruik dit dan vir dienswerk. Wie onderrig kan gee, moet onderrig;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As party van ons die ander gelowiges kan dien, dan moet ons hulle dien. As party van ons vir die ander gelowiges kan leer, dan moet ons vir hulle leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy oor die gawe beskik om ander mense te dien, dien hulle dan met oorgawe. As jou hemelse geskenk is om ander te leer waaroor ons verhouding met God gaan, doen net dit.