Romans 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl ons dan gawes het wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is, of dit nou profesie is, laat ons profeteer volgens die verhouding van geloof; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: |
| Afrikaans 1983 | Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het gawes wat van mekaar verskil, volgens die genade wat aan ons gegee is: As dit die gawe van profesie is, beoefen dit dan in ooreenstemming met die geloof; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het genadegawes vir ons gegee, maar God het nie dieselfde genadegawes vir ons almal gegee nie. As party van ons die boodskappe van God vir die ander gelowiges kan bring, dan moet ons die regte boodskappe vir hulle bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om ons te help om hierdie funksies te vervul het God vir ons elkeen besondere hemelse geskenke gegee. Ons almal het nie dieselfde geestelike geskenke van Hom ontvang nie. God het dit aan ons elkeen uitgedeel soos Hy goedgedink het. As jou hemelse geskenk is om God se boodskap bekend te maak, doen net dit. Maak sy wil bekend in die geloof wat jy daarmee saam uit God se hand ontvang het. |