Romans 12:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geliefdes, moenie julleself wreek nie, maar gee plek vir die toorn, want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld, spreek die Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. |
| Afrikaans 1983 | Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geliefdes, moet julle nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskryf: “Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld,” sê die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Liewe vriende, wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie self vir hulle straf nie. Julle moet wag, God sal hulle straf, want in die Ou Testament is geskryf: Die Here sê: Dit is Ék wat mense sal straf oor wat hulle verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat staan al julle wraakplanne, my liewe broers en susters. Dit pas glad nie by gelowiges nie. Los sulke dinge vir God. Daar staan immers in die Bybel: “‘Ek alleen het die reg om te straf; Ek sal wraak neem,’” sê die Here. |