Romans 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie traag in besigheid nie; vurig van gees; dien die Here;
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.
Afrikaans 1933/1953 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
Afrikaans 1983 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie lui wees nie, julle moet hard werk in die gemeente. Dit moet vir julle lekker wees. Julle moet die Here dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe.