Romans 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Soos geskrywe is: God het hulle 'n gees van sluimering gegee, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos die Skrif tereg sê: “God het ’n innerlike verdwasing oor hulle laat kom: hulle oë sien nie wat hulle behoort te sien nie; hulle ore hoor nie wat hulle behoort te hoor nie. So is dit tot vandag toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | soos daar geskrywe staan: “God het aan hulle 'n gees gegee wat hulle bedwelm het: oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe nog.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos daar geskryf staan: “God het aan hulle 'n trae gees gegee, oë wat nie sien nie, en ore wat nie hoor nie, tot op die dag van vandag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: God het hulle mense gemaak wat niks kan doen nie, Hy het vir hulle oë gegee wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie. Dit is vandag nog dieselfde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit gaan met hulle presies soos die Bybel sê: “God het hierdie spul oorgegee aan ’n diep slaap. Daarom sien hulle glad nie meer nie, en hulle hoor ook nie. Dit gaan tot vandag toe nog so.” |