Romans 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as dit uit genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is genade geen genade meer nie. Maar as dit uit die werke is, dan is dit geen genade meer nie; anders is werk geen werk meer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as dit uit genade is, dan was dit sekerlik nie op grond van hulle goeie dade nie — anders sou die genade nie meer werklik genade wees, dit wil sê dit wat ons teen alle verdienste in van God ontvang nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. |
| Afrikaans 1983 | En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as dit uit genade is, is dit nie meer op grond van dade nie; want anders sou die genade nie meer genade wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het hulle gekies omdat Hy baie goed wil wees vir hulle, nie omdat hulle goeie dinge gedoen het nie. As God hulle gekies het omdat hulle goeie dinge gedoen het, dan is dit nie regtig genade nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy red mense sonder dat hulle dit verdien. As mense hulle redding moes verdien, sou God mos nie meer ’n genadige God wees nie. |