Romans 11:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O die diepte van die rykdom van die wysheid en kennis van God! hoe ondeurgrondelik is sy oordele, en hoe ondeurgrondelik is sy weë!
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe ongelooflik wonderlik is God nie — hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie.
Afrikaans 1933/1953 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
Afrikaans 1983 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, en hoe onnaspeurbaar sy weë!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wysheid van God, alles wat Hy weet, alles wat aan God behoort, is meer as wat ons kan verstaan. Ons kan nie weet wat God besluit nie, ons kan nie uitvind wat Hy wil doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand in die hemel of op die aarde het soveel wysheid en insig soos God nie. Wie kan dit waag om God se oordeel te bevraagteken? Wie is in staat om sy optrede te verklaar?