Romans 11:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk dan na die goedheid en gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het; maar oor jou, goedheid, as jy in sy goedheid bly; anders sal jy ook uitgeroei word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Neem in ag dat God vol goedheid, maar terselfdertyd ook streng is. Hy is streng teenoor hulle wat van Hom weggedwaal het, maar vol goedheid teenoor jou — mits jy op sy goedheid bly staatmaak. Anders kan jy ook afgesny word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word. |
| Afrikaans 1983 | Let dan op die goedheid en strengheid van God: sy strengheid oor die afvalliges, en sy goedheid oor jou. Maar dan moet jy uit sy goedheid lewe, anders kan jy ook uitgekap word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sien daarom God se goedheid sowel as sy strengheid raak: sy strengheid oor hulle wat afvallig geword het, maar sy goedheid oor jou – mits jy in sy goedheid bly, want ook jy kan uitgekap word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet weet God is baie goed, maar Hy is ook kwaai. Hy is kwaai met die mense wat nie in Christus glo nie en wat verlore gaan. God is baie goed vir julle, maar dan moet julle aanhou lewe soos mense wat weet dat God baie goed is vir hulle. As julle dit nie doen nie, dan sal God julle ook afkap van die boom soos Hy die mak takke afgekap het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God is streng. Maar Hy is ook vol liefde. Hy tree streng op teenoor dooie lote, teenoor mense wat nie na Hom luister nie. Maar Hy tree vol liefde op teenoor lewende lote, teenoor mense soos jy wat elke dag uit sy goedheid leef. Jy mag egter nie God se goedheid as vanselfsprekend aanvaar nie. Dan kap Hy jou op ’n dag ook uit. |