Romans 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verwerp nie. Weet julle nie wat die Skrif van Elia sê nie? hoe hy by God teen Israel intree deur te sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee, God het nie sy volk verstoot wat Hy van die begin af uitverkies het nie. Onthou julle nie wat die Skrif sê in die gedeelte oor Elia nie? Hoe hy hom teen Israel op God beroep het: |
| Afrikaans 1933/1953 | God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor El¡a sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: |
| Afrikaans 1983 | God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif sê van Elia nie, hoe hy by God oor Israel gekla het: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “God het nie sy volk verstoot” wat Hy reeds tevore gekies het nie. Of weet julle nie wat die Skrif oor Elia sê nie, hoe hy hom op God beroep het teen Israel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het nie sy volk gelos nie. Hy het hulle gekies om aan Hom te behoort. Hy het hulle gekies voordat Hy alles gemaak het. Julle moet onthou wat die Ou Testament oor Elia sê. Elia het by God gekla oor die Israeliete. Elia het gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die belangrikste bewys dat God nie sy rug vir Israel gedraai het nie, is Hy self. Hy het Hom lank gelede aan Israel bekendgemaak. En Hy is nog heeltyd by hulle. Onthou julle die keer toe Elia oor hierdie einste Israeliete by God gaan kla het? |