Romans 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as die eersteling heilig is, is die deeg ook heilig; en as die wortel heilig is, dan is die takke ook.
Afrikaans (NLV) 2011 As die eerste stukkie deeg aan God geoffer word, beteken dit dat die hele baksel eintlik aan Hom behoort. Net so, as die wortels van die boom aan God gewy is, sal die takke ook aan Hom behoort.
Afrikaans 1933/1953 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
Afrikaans 1983 As die eerste stuk deeg aan God gewy is, dan is ook die res van die deeg aan Hom gewy. En as die wortel van die boom aan God gewy is, dan is ook die takke aan Hom gewy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die eerste stukkie deeg heilig is, dan is die hele baksel heilig. En as die wortel heilig is, dan ook die takke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand 'n stukkie van die deeg offer, dan behoort die hele stuk deeg aan God. En wanneer die wortel van 'n boom aan God behoort, dan behoort die takke van die boom ook aan God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Weet julle, as hierdie eerste offers vir God aanvaarbaar is, moet die res van die offer ook mos vir Hom aanvaarbaar wees. En as die wortel van die boom aan God gewy is, is die res van die boom ook mos Syne. Israel is soos die takke van ’n olyfboom wat stewig in die grond geanker is.