Romans 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as die verwerping van hulle die versoening van die wêreld is, wat sal die ontvangs van hulle wees as lewe uit die dode? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want as die Jode se verwerping meegebring het dat God vir die hele wêreld die herstel van hulle verhouding met Hom aanbied, hoeveel wonderliker sal die Jode se aanneming nie wees nie! Dit sal niks minder nie as lewe uit die dood beteken! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? |
| Afrikaans 1983 | As hulle verwerping vir die wêreld versoening beteken het, wat sal hulle aanneming dan nie beteken nie? Niks minder nie as lewe uit die dood! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle verwerping vir die wêreld versoening meegebring het, wat sal hulle aanneming nie beteken nie! Niks anders nie as lewe uit die dood! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe God die Israeliete gelos het, het Hy die sonde weggeneem van ander mense in die wêreld. Nou is alles reg tussen die ander mense en God. Julle moet dit weet: Wanneer God die Israeliete weer aanneem om aan Hom te behoort, dan sal dit wees soos wanneer Hy dooie mense weer laat lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As God se verwerping van Israel daartoe gelei het dat die res van die wêreld met Hom versoen geraak het, dink net wat hulle terugkeer na God toe sal beteken: niks minder nie as die ewige lewe self! |