Romans 11:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek die wat my vlees is, op enige manier tot navolging kan uitlok en sommige van hulle kan red. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | in die hoop dat ek my eie mense jaloers sal maak en sommige van hulle verlos sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red! |
| Afrikaans 1983 | om op een of ander manier my eie mense jaloers te maak en sommige van hulle te red. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | in die hoop dat ek dalk my eie mense jaloers kan maak, en 'n aantal van hulle tot verlossing kan bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek hoop die Israeliete word jaloers wanneer hulle sien dat God die heidene red. Dan kan God party van die Israeliete ook red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek doen dit met groot oorgawe in die hoop dat ek dalk my eie volk, die Jode, jaloers kan maak. Miskien kom ’n paar van hulle tot bekering as hulle sien hoe God se genade mense wat nie aan Israel behoort nie se lewe verander. |