Romans 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek spreek tot julle heidene, in soverre Ek die apostel van die heidene is, verheerlik Ek my amp: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sê al hierdie dinge veral vir dié van julle wat uit die nie-Joodse nasies afkomstig is. As apostel onder die nie-Joodse nasies gee ek my allerbeste vir my bediening |
| Afrikaans 1933/1953 | Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek 'n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening |
| Afrikaans 1983 | En nou praat ek met julle, gelowiges uit die heidennasies. As apostel vir die heidennasies is ek trots op my werk en strewe ek daarna |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir julle uit die nie-Jode sê ek: In soverre ek dan •apostel vir die nie-Jode is, strek dit my bediening tot eer, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle, vir julle wat heidene is: Ek is 'n apostel en God het vir my die werk gegee om na die heidene toe te gaan. Ek doen hierdie werk baie goed |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar wag, ek wil nou spesifiek met diegene onder julle praat wat nie Israeliete is nie. Ek is immers deur God aangestel as ’n apostel om die goeie nuus aan mense buite Israel te vertel. En wat ’n wonderlike bediening is dit nie! |