Romans 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hulle val die rykdom van die wêreld is, en die vermindering van hulle die rykdom van die heidene; hoeveel te meer hulle volheid? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die wêreld dan deur die val van die Jode verryk is en die nie-Joodse nasies ryk gemaak is deurdat Israel tot ’n oorblyfsel gereduseer is, dink net wat sal gebeur as die meerderheid Jode die Goeie Nuus sou aanneem! |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! |
| Afrikaans 1983 | As hulle val 'n verryking vir die wêreld beteken het en hulle klein oorblyfseltjie 'n verryking vir die heidennasies, hoeveel te meer sal dit dan nie tot seën wees as die Jode se volle getal gelowig sou word nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle val 'n verryking van die wêreld meegebring het, en hulle tekort 'n verryking van die nie-Jode, hoeveel te meer hulle volle getal! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Israeliete het sonde gedoen, en daarom het die ander mense in die wêreld al die goeie dinge gekry wat God wil gee. Die Israeliete het al die goeie dinge verloor, en die heidene het al die goeie dinge gewen. Nou moet julle dit weet: Wanneer God al die Israeliete red wat Hy wil red, dan sal die heidene nog baie meer goeie dinge kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Israel se ongeloof bygedra het tot ’n wêreldwye bekering van mense uit ander volke, en as hulle val die res van die wêreld verryk het, dink net wat dit vir die wêreld sal beteken as al die Israeliete tot bekering moet kom. |