Romans 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat sê dit? Die woord is naby jou, in jou mond en in jou hart: dit is die woord van die geloof wat ons verkondig; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo — en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig — is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui: ‘Die boodskap is hier by jou, op jou lippe en in jou hart.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: |
| Afrikaans 1983 | Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nee, wat sê dit? “Hier by jou is die woord, in jou mond en in jou hart” – dit is die woord van geloof wat ons verkondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, daar is geskryf: Die boodskap van God is naby jou, dit is in jou mond en in jou hart. Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het immers al gesê: “God se goeie nuus, sy woord van redding, is hier. Dit is so naby aan jou soos om die regte woorde vir God te sê. Dit is so naby aan jou soos om met jou hele hart in God te glo.” Ek maak hierdie goeie nuus oral bekend. |