Romans 10:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of: Wie sal in die diepte afdaal? (dit wil sê om Christus weer uit die dood op te wek.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Wie sal na die plek van die dooies onder die aarde afdaal’ — dit wil sê om Christus uit die dood terug te bring nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? |
| Afrikaans 1983 | “of: ‘Wie sal na die onderaardse diepte toe afdaal?’ nie,” dit is, om Christus uit die dood terug te bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “of, ‘Wie sal na die onpeilbare diepte afdaal?’ ” – met die bedoeling om Christus uit die dood terug te bring nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal afgaan na onder die aarde nie. Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Of om êrens in die onderwêreld na Hom te gaan soek en Hom uit die dood hierheen te bring nie. Nee, dan moet jy net jou oë oopmaak en in Christus glo. |