Romans 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, spreek so: Moenie in jou hart sê: Wie sal in die hemel opvaar nie? (dit is, om Christus van bo af te bring:)
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die vryspraak wat ’n mens kry deurdat jy glo, se boodskap is: “Jy hoef nie in jou hart te wonder: ‘Wie sal na die hemel opklim’ — dit wil sê om Christus na die aarde toe te bring om jou te help, of:
Afrikaans 1933/1953 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
Afrikaans 1983 Maar van die vryspraak deur die geloof sê hy: “Moenie by jouself sê: ‘Wie sal na die hemel toe opklim?’ nie,” dit is, om Christus af te bring,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die regverdiging deur die geloof word so verwoord: “Moenie in jou hart sê, ‘Wie sal na die hemel opgaan?’ ” – met die bedoeling om •Christus af te bring –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaan na die hemel nie. Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy sê dat wanneer jy al jou vertroue in God stel om jou van jou sondes vry te spreek, dinge heeltemal anders verloop. As jy in God glo, weet jy dat Christus die hele tyd naby is. Dan is dit nie meer nodig om te wonder of iemand na die hemel toe moet opklim om Christus daar te gaan soek om Hom na ons toe af te bring nie.