Romans 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Moses beskryf die geregtigheid wat uit die wet is, dat die mens wat hierdie dinge doen, daardeur sal lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses skryf soos volg omtrent die moontlikheid om jou saak met God reg te maak: “Wie die vereistes van die wet nakom, sal daardeur lewe.”
Afrikaans 1933/1953 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
Afrikaans 1983 Moses skryf naamlik van die vryspraak op grond van wetsonderhouding dat die mens wat doen wat die wet beveel, daardeur sal lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses skryf immers van die geregtigheid wat op grond van die wet verkry word: “Die mens wat hierdie dinge doen, sal hierdeur leef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doen wat die wette sê, sal lewe omdat hy dit gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses skryf dat elkeen wat die wet streng onderhou op grond daarvan in die regte verhouding met God sal leef.