Romans 10:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jesaja was baie vrymoedig en sê: Ek is gevind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek is geopenbaar aan die wat nie na My gevra het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: “Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
Afrikaans 1983 En Jesaja gaan selfs verder. Daar sê God: “Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie na My gevra het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Jesaja gaan selfs so ver om te sê: “Ek is gevind deur diegene wat nie na My gesoek het nie; Ek het verskyn aan diegene wat nie na My gevra het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat kom wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie gevra het waar Ek is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesaja het selfs nog verder gegaan. God het deur hom vir sy volk gesê: “Ek laat My vind deur mense wat nooit na My gesoek het nie. Ek het My bekendgemaak aan mense wat nooit eens gevra het wie Ek is nie.”