Romans 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek sê: Het Israel dit nie geweet nie? Eers het Moses gesê: Ek sal julle jaloers maak deur die wat geen volk is nie, en deur 'n dwase nasie sal Ek julle toornig maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê: “Ek sal julle jaloers maak op mense wat eintlik geen volk is nie; Ek sal julle kwaad maak oor ’n volk wat nie julle kennis het nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op die wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk.
Afrikaans 1983 Of 'n ander vraag: Het Israel dit dan nie verstaan nie? In die eerste plek wys ek op wat God deur Moses sê: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat nie 'n volk is nie, en julle kwaad maak oor 'n volk wat nie julle kennis het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek vra weer: “Het Israel dit dan nie verstaan nie?” Eers sê Moses: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat geen volk is nie; oor 'n onkundige volk gaan Ek julle kwaad maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maak op 'n volk wat nie regtig 'n volk is nie, en Ek sal julle kwaad maak vir 'n volk wat niks verstaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waar lê die fout dan? Het Israel nie verstaan waaroor dit alles gaan nie? Luister na wat God deur sy kneg Moses hieroor sê: “Ek gaan julle nog baie jaloers maak op daardie mense op wie julle nou neersien. Wanneer julle sien hoe hulle in My glo, selfs al ken hulle My nie so goed soos julle nie, sal julle ontplof van woede.”