Romans 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek sê: Het hulle nie gehoor nie? Ja, voorwaar, hulle geluid het oor die hele aarde gegaan en hulle woorde tot aan die eindes van die wêreld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor: “Die boodskappers se stem het oor die hele wêreld uitgegaan; hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde. |
| Afrikaans 1983 | Maar 'n mens sou kon vra: Het die Israeliete dan nie die prediking gehoor nie? Alte seker het hulle gehoor! Die Skrif sê: “Hulle prediking het oor die hele wêreld weerklink, hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan, en hulle woorde tot by die uithoeke van die bewoonde wêreld.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekom by al die mense op die aarde, die dinge wat hulle sê, het gekom by al die mense van die wêreld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou vra ek: Het hulle nie al genoeg kanse gehad om na God se Woord te luister nie? Ja, natuurlik! Een van die psalms sê juis: “Die stem van God se boodskappers het wêreldwyd weerklink. Hulle woorde is tot in die verste uithoeke van die wêreld gehoor.” |