Romans 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie. Want Jesaja sê: Here, wie het ons gerug geglo? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie het ons boodskap geglo? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie almal glo egter hierdie goeie nuus nie. Daarom het Jesaja op ’n dag gevra: “Here, wat help dit dat ons vir ander mense van U vertel? Hulle glo dit tog nie.” |