Romans 10:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hoe sal hulle preek as hulle nie gestuur word nie? soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig en die goeie tyding bring! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! |
| Afrikaans 1983 | En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Dit is mooi wanneer iemand kom en goeie nuus bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En hoe kan mense vir ander van Hom gaan vertel as hulle nie gestuur word om dit te doen nie? Daarom sê die Bybel: “Hoor hoe wonderlik klink die voetstappe van diegene wat vir ander mense gaan vertel van al die goeie dinge wat God doen.” |