Revelation 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vorms van die sprinkane was soos perde wat vir die oorlog voorberei is; en op hulle koppe was soos krone soos goud, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sprinkane het gelyk soos perde wat voorberei is vir oorlog. Op hulle koppe was iets soos goue krone, en hulle gesigte het gelyk soos dié van mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die voorkoms van die sprinkane was soos die van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. |
| Afrikaans 1983 | Die sprinkane het gelyk soos perde wat regstaan vir oorlog. Op hulle koppe was daar iets soos krone wat gelyk het asof dit van goud is. Hulle gesigte was soos die gesigte van mense. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die voorkoms van die sprinkane was net soos dié van perde wat vir oorlog gepantser is. Op hulle koppe was daar iets soos krone, wat gelyk het asof dit van goud is, en hulle gesigte was soos dié van mense. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sprinkane lyk soos perde wat gereed is om oorlog te maak. Op elke sprinkaan se kop is iets wat lyk soos 'n goue kroon. Hulle gesigte lyk soos mense se gesigte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sprinkane het soos perde gelyk wat spesiaal vir oorlog reggemaak is. Hulle gesigte het soos dié van mense gelyk. Op hulle koppe was iets wat gelyk het soos die goue kroon wat mense kry wat ’n kompetisie gewen het. |