Revelation 9:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan hulle is gegee dat hulle hulle nie sou doodmaak nie, maar dat hulle vyf maande gepynig moes word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens slaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is uitdruklik aangesê om nie die mense dood te maak nie, maar om hulle wel vyf maande lank te folter. Hulle foltering was soos die brandpyn wanneer ’n skerpioen jou steek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is nie toegelaat om die mense dood te maak nie, maar wel om hulle vyf maande lank te pynig. Die pyn wat hulle veroorsaak, is soos die pyn as 'n skerpioen 'n mens steek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle is nie toegelaat om die mense dood te maak nie, maar slegs om hulle vyf maande lank te folter, deur hulle te pynig met 'n brandpyn – soos wanneer 'n skerpioen 'n mens steek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het gesê hulle mag daardie mense vyf maande lank seermaak, maar hulle mag nie daardie mense doodmaak nie. Wanneer hulle die mense seermaak, dan is dit so seer soos wanneer 'n skerpioen 'n mens steek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sprinkane moes nie die mense doodmaak nie, maar net vyf maande lank seermaak. Dit sal wees soos skerpioene wat hulle die hele tyd steek en dít gaan so seer wees dat die mense allerhande planne sal maak om hulleself dood te maak. |