Revelation 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het uit die rook sprinkane op die aarde uitgekom, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit die rook het sprinkane oor die aarde heen geswerm. Hulle is toegelaat om dieselfde vermoë te hê as skerpioene. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het daar uit die rook sprinkane oor die aarde uitgeswerm. Aan hulle is dieselfde vermoë gegee as wat skerpioene op aarde het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit die rook het daar sprinkane na die aarde geswerm. Aan hulle is dieselfde krag gegee as dié van skerpioene op aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Uit die rook het daar sprinkane gekom. God het vir die sprinkane gesê hulle mag doen wat skerpioene op die aarde doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die rookmassa was so dik dat die lug heeltemal swart geword het, sodat ’n mens nie eens die son kon sien nie. Uit hierdie wolke rook kruip daar toe sprinkane uit, die wêreld vol! Aan die sprinkane is buitengewone mag gegee. Hulle was gevaarlik soos skerpioene. |