Revelation 9:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle krag is in hulle mond en in hulle sterte, want hulle sterte was soos slange en het koppe, en daarmee maak hulle seer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die perde se vermoë om skade aan te rig, lê in hulle bekke, maar ook in hulle sterte, want hulle sterte het koppe net soos slange waarmee hulle die skade aanrig. |
| Afrikaans 1933/1953 | want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. |
| Afrikaans 1983 | Die perde se vermoë om skade te doen, is in hulle bekke en ook in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee pynig hulle die mense. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die perde se krag het in hulle bekke en sterte gelê, want hulle sterte was net soos slange, met koppe aan, waarmee hulle skade aanrig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die perde het hulle bekke en hulle sterte gebruik om mense seer te maak. Hulle sterte was soos slange, hulle sterte het koppe gehad en dit het die mense seergemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk, hierdie perde het nie met hulle laat speel nie! Hulle was baie sterk. Hulle krag het veral in hulle sterte gelê en in hulle monde wat so vuur spoeg. Hulle sterte was soos slange met die verskriklikste koppe. Waar hulle jou raak pik, is daar ’n gapende wond. |