Revelation 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En so het ek die perde in die gesig gesien, en die wat daarop sit, met borsharnasse van vuur en van sint en swawel; en die koppe van die perde was soos die koppe van leeus; en uit hulle monde het vuur en rook en swawel uitgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net so het ek ook in die visioen die perde en hulle ruiters gesien: Hulle het vuurrooi en hemelsblou en swaelgeel borsplate aangehad. Die perde se koppe was soos dié van leeus en uit hulle bekke het daar vuur, rook en swael gestoom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En so het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. |
| Afrikaans 1983 | En in hierdie gesig het die perde en hulle ruiters só gelyk: hulle het vuurrooi, donkerblou en swaelgeel harnasse aangehad. Die perde se koppe was soos die koppe van leeus, en uit hulle bekke het daar vuur, rook en swael uitgekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net so het ek ook in die visioen die perde en hulle ruiters gesien: hulle het vuurrooi, oranjekleurige en swaelgeel borsplate gedra. Die perde se koppe het soos dié van leeus gelyk met vuur, rook en swael wat uit hulle bekke borrel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die perde en die soldate gesien, hulle het só gelyk: Die soldate het harnasse gedra. Die harnasse was baie rooi en baie blou en baie geel. Die perde se koppe was soos leeus se koppe. Daar het vuur en rook en swael uit die perde se bekke gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek kon die perde en hulle ruiters duidelik in ’n gesig voor my sien. Elke ruiter het ysterplate oor sy bors en maag gedra, reg vir oorlog. Die plate het soos vuur gelyk met blou en geel vlekke. Elke perd se kop het gelyk soos dié van ’n leeu wat alles wil verskeur. Vuur met rook en swaelwolke het uit hulle monde geborrel. |