Revelation 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die getal van die leër van die ruiters was twee honderd duisend duisend, en ek het hulle getal gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Die getal perderuiters was ongeveer 200 miljoen. Ek het gehoor wat die getal is.
Afrikaans 1933/1953 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.
Afrikaans 1983 Die aantal perderuiters van hulle leërs was miljoene der miljoene en nog 'n keer soveel. Ek het hulle getal gehoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die getal soldate in die ruitery was twee maal tienduisend maal tienduisend. Ek het gehoor dat dit hulle getal was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate op perde was baie miljoene, ek het gehoor hoe baie hulle is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was nie alleen nie. Hulle het ’n massa soldate op perde gehad. Ek het ook gehoor hoe baie daar was: twee maal 10 000 en dit nog weer met 10 000 vermenigvuldig.