Revelation 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het 'n koning oor hulle gehad, dit is die engel van die afgrond, wie se naam in die Hebreeuse taal is Abaddon, maar in die Griekse taal het sy naam Apollion.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het as heerser die engel van die bodemlose put gehad. Sy naam in Hebreeus is Abaddon, en in Grieks Apollion.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Ab ddon, en in Grieks het hy die naam van Apollion.
Afrikaans 1983 Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is Abaddon, en in Grieks het hy die naam Apollion.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die engel van die onpeilbare diepte was hulle koning. In Hebreeus is sy naam Abaddon, en in Grieks Apollion.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sprinkane se koning is die engel van die onderwêreld. Sy Hebreeuse naam is Abaddon en sy Griekse naam is Apollion.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ’n leier gehad, die engel van die onderwêreld. Sy Hebreeuse naam was Abaddon - dit beteken: die een wat alles verwoes.