Revelation 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het sterte gehad soos aan skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle krag was om mense vyf maande seer te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het sterte met angels net soos dié van skerpioene gehad, en in hulle sterte was hulle vermoë om die mense vyf maande lank leed aan te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het sterte gehad soos die van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het sterte met angels soos dié van skerpioene; en in hulle sterte is hulle vermoë om die mense vyf maande lank kwaad aan te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het sterte met angels gehad, net soos skerpioene, en in hulle sterte was daar krag om die mense vyf maande lank te teister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sterte is soos skerpioene se sterte en hulle het ook angels waarmee hulle die mense steek. Die skerpioene kan hulle sterte vyf maande lank gebruik om die mense seer te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sterte het nes dié van skerpioene gelyk, en kón dit steek! Vyf maande aanmekaar moes die mense onder daardie sterte deurloop. Glo my, dit was seer! |